EntertainmentLifestyleLocal newsNews

NG hou basaar

Die NG Kerk Randpoort gemeenste se jaarlikse basaar beloof om 'n groot sukses te wees.

Die NG-Kerk Randpoort gemeente se jaarlikse basaar vind vanjaar op 2 Mei plaas en dié gemeente nooi die gemeenskap om saam met hulle in die pret te kom deel.

Volgens ‘n verteenwoordiger van die gemeente, Natasha Schoeman, sal die basaar om 12nm afskop.

“Dit beloof om weer ‘n onvergeetlike dag te wees en feesgangers kan smul aan allerhande lekkernye soos yankees, wors rolle, pap en sous, vetkoeke, pannekoeke en vele meer,” vertel Natasha.

Sy vertel verder dat die gemeente vanjaar vir die eerste keer in die geskiedenis van die gemeente ‘n jaggeleentheid aanbied.

Dié kompetisie sal na afloop van die basaar plaasvind en sal ook as ‘n fondsinsamelingsprojek dien.

“Die jaggeleentheid bied jagters ook die geleentheid om groot pryse te wen,” vertel Natasha.

Die wenners van dié jagkompetisie word tydens ’n vergadering op 15 Julie aangekondig en kry ook die geleentheid om self te gaan jag op die wildsplaas Knoppiesdoorn by Steenbokpan, 70 km van Ellisras af.

Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor van NG Randpoort in Lazaarlaan, Randgate.

Vir enige navrae, skakel, die kerkkantoor by 011 692 2171 of vir Boesman Steenekamp by 082 632 2315.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Back to top button