Local newsNews

Gemeente gooi wal teen dominee se afdanking

Die dominee van die NG Kerk Randpoort is uit die gemeente ontslaan omdat hy geskei is.

Die NG kerk se Randpoort gemeente is op die oorlogpad nadat hul dominee, Johan van der Merwe, uit die gemeente ontslaan is nadat hy in 2012 van sy vrou geskei is.

Na die egskeiding is daar ‘n 18-maande lange ondersoek uitgevoer, waarin vyf klagtes teen die populêre dominee ondersoek is.

Teen die einde van die ondersoek is hy egter net op een klagte, erge egskeiding, skuldig bevind.

Volgens gemeentelede is hulle onsteld omdat die oorgrote meerderheid Van der Merwe terug wil hê op die preekstoel by die Randpoort gemeente, maar die Ring van Randpoort weier om die gemeente se versoek te oorweeg.

Gemoedere loop nog hoog na ‘n kerkvergadering Sondag 6 April tussen die gemeente en die Ring van Randpoort, toe die Ring nie na die gemeente se sin, hul lys van meer as 100 vrae oor die ontslaning van ds Van Der Merwe beantwoord het nie.

Die Ring het by dié vergadering eenvoudig by hul standpunt gehou dat Van Der Merwe uit die Randpoort-gemeente ontslaan word.

Die Herald sal lesers op hoogte hou soos wat die storie ontwikkel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Back to top button