Local newsNews

Uitstappies vir bejaardes

Vir meer as 'n dekade is dit die Goue Are se missie om die bejaardes van Randfontein by hul insiggewende uitstappies te betrek.

Vir die afgelope 11 jaar is dit pastoor Gerrit Pretorius en AGS Randgate se missie om bejaardes by hul maandelikse Goue Are-uitstappies te betrek.

Pretorius vertel dat die Goue Are Projek oorspronklik net vir hul gemeentelede was, maar sowat drie jaar gelede het hy dit goedgedink om die hele gemeenskap sebejaardes by dié projek te betrek.

Vir Randfontein se bejaardes is dit deesdae baie gevaarlik om alleen uit te gaan en sommiges is ook baie eensaamDaarom reël ons maandeliks ‘n uitstappie waartydens diebejaardes van Randfontein die dag saam ons kan kom geniet,”  Pretorius.

Hy  dat hulle verlede maand Parys gaan besoek het.

Ons het verskeie besienswaardighede besoek en daarna ‘n heerlike middagete saam geniet,” vertel Pretorius.

Sowat 80 bejaardes van Randfontein het die geleentheid bygewoon en kon nie uitgepraat raak oor die dag nieVolgens Pretorius sal die Goue Are op Dinsdag 22 Julie die Orion Olyfplaas in Wilbotsdal besoekTydens die uitstappie sal hulle meer oor olywe en olyfboerderye leer.

Ons sien baie uit na die uitstappie en nooi alle bejaardes in die gemeenskap om hul plek te bespreek en saam met ons die dag te kom geniet,”  Pretorius.

Vir besprekings en enige verdere inligting skakel gerus vir Linda Barnardt by 083 436 4657.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button