Local newsNews

Mej Adonia Angels gekanseleer

"Weens 'n gebrek aan belangstelling" — bestuur van Adonia Angels

Na sowat twee maande wat die gemeenskap die geleentheid gegee is om vir die Mej Adonia Angels skoonheidskompetisie in te skryf, moes die organiseerders van die geleentheid vanjaar se kompetisie kanseleer weens ‘n gebrek aan belangstelling.

Volgens die stigter van die Adonia Angels Projek, Corrie van Loggerenberg is dit vanjaar nie moontlik om dié skoonheidskompetisie aan te bied nie.

Sy vertel dat daar maar sowat ses skoonhede vir vanjaar se kompetisie ingeskryf het.

“Die bestuur van Mej Adonia Angels het dit goedgedink om dié skoonheidskompetisie elke tweede jaar te hou. Dus sal daar nie vanjaar ‘n skoonheidskompetisie wees nie, maar moontlik weer in 2016,” vertel Van Loggerenberg.

Die kompetisie sou oorspronklik op 25 Oktober plaasgevind het, maar Van Loggerenberg en haar span organiseerders het besluit om op dié dag eerder ‘n gospelkonsert aan te bied.

“Ons is besig om die reëlings in plek te kry en sal nader aan die tyd meer inligting bekend maak rondom wie die kunstenaars tydens die geleentheid gaan wees,” vertel Van Loggerenberg.

Sy s136 dat dié konsert in die Jimmy Kitching saal by Randfontein Vriendskapstuiste sal plaasvind.

Kaartjies beloop R60 per persoon en sal reeds vanaf einde Augustus by Adonia Angels beskikbaar wees.

Vir meer inligting, skakel gerus vir Corrie van Loggerenberg by 072 697 0792.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button