Local newsNewsSchools

Melktandjies reik uit na ander

Kleuterskool skenk badkamergeriewe aan Rainbow Day Care-sentrum.

Sowat 50 kleuters van Melktandjies Kleuterskool het Maandag vit die Rainbow Daycare Centre gaan kuier.

Volgens ‘n verteenwoordiger van Melktandjies Kleuterskool, Liezl van Niekerk, het hulle toiletware soos tandepasta, waslappe, seep en tandeborsels aan die sentrum geskenk.

“Dit was vir elke kleuter van Melktandjies baie lekker om saam die kinders van Rainbow Daycare te speel, alhoewel die kinders van die sentrum gestremd is, het hulle steeds lekker saamgesing en selfs gedans,” vertel Van Niekerk.

Die programbestuurder van Rainbow Daycare, Tatum Solomons vertel dat hulle baie dankbaar is vir Melktandjies se skenking.

“Ons waardeer Melktandjies se besoek en die toiletware word opreg waardeer,” vertel Solomons.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button