Local newsNews

Groot Connies-kermis in Oktober

Die kermis is 'n hoogtepunt op die sentrum se kalender.

Die Connie Muldersentrum is slaggereed vir hul jaarlikse kermis en nooi die gemeenskap uit om dit saam met hulle op 4 Oktober te kom geniet.

Volgens die hoof uitvoerendebeampte van die sentrum, Gordon Henney, sal die kermis om 10vm afskop en regdeur die dag aanhou.

Henney vertel verder dat daar weer soos oudergewoonte ‘n 10 kilometer padwedloop voor die kermis sal plaasvind.

“Die padwedloop sal om 6vm begin en kort voor die afskop van die kermis afgehandel word,” vertel Henney.

Daar sal ook ‘n vyf kilometer pretdraf wees wat om 6.15vm sal begin. Die kermis is jaarliks ‘n hoogtepunt op die Connie Muldersentrum se kalender.

Daarom doen Henney en sy span ‘n beroep op die gemeenskap om die geleentheid te ondersteun.

“Die kermis sal weer ‘n opwindende gebeurtenis wees met hope vermaak en ‘n verskeidenheid van kosstalletjies,” vertel Henney.

Vir meer inligting skakel vir Riana Pompei of Fransie Hulme by 011 278 9904.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button