Local newsNewsUpdate

5 000 daag op vir kerk se eerste basaar

'Ek is verbaas met die groot opkoms' – dominee

Die Lewende Nuwe Generasie Kerk onder leiding van dominee Johan van der Merwe het die afgelope naweek hul eerste kerkbasaar aangebied.

Volgens Van der Merwe is dié gemeente nou eers vyf maande oud en is hy verbaas met die groot opkoms.

“Deur die loop van die dag het sowat 5 000 mense die basaar bygewoon en ons ook baie goed ondersteun,” vertel Van der Merwe.

Hy vertel verder dat die feesgangers allerhande heerlike kossoorte kon geniet en selfs in hul prohibisie-biertuin na die rugby kon kyk. Daar was hope vermaak en sangers soos Tanya V en Tertius Vermaak het opgetree.

“Ons het ook ‘n sangkompetisie aangebied en diegene wat aan die kompetisie deelgeneem het kon ‘n totaal van R6 000 se kontantpryse losslaan,” vertel Van der Merwe.

Feesgangers kon ook aktiwiteite soos skyfskiet en springkastele geniet, en daar was selfs ‘n kaas-, wyn- en sjokoladestalletjie.

Ds Van der Merwe bedank elke lid van die gemeenskap wat die geleentheid bygewoon het asook elkeen wat baie hard gewerk het om van die geleentheid ‘n sukses te maak.

Hy nooi ook diegene in die gemeenskap uit wat op soek is na ‘n bedieningssentrum om by die gemeente in te skakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button