Local newsNewsSchools

Groot talent kom in klein botteltjies

Klein Mikayla Croukamp (3) woeker met haar talente op die Raca-verhoog.

Mikayla Croukamp het weer tydens vanjaar se Raca Kunswedstryd groot opslae in die pre-primêre afdeling gemaak.

Croukamp is as die afdelingswenner in dié afdeling aangewys wat onlangs deur Randfontein High School aangebied is.

Volgens Mikayla se ma, Anita het haar dogter uitstekend gevaar.

“Mikayla is vanjaar maar drie jaar oud, en het al reeds baie goeie vaardighede op die verhoog ontwikkel,” vertel Croukamp.

Sy vertel verder dat dié dinamiese bondeltjie vreugde in vier verskillende kategorië deelgeneem het, en in elke item ‘n diamant-toekenning ontvang het.

Dié kategorië sluit Bybel prosa, Gedramatiseerde poësie en Ongedramatiseerde poësie in.

Aangesien Mikayla so goed tydens die Raca Kunswedstryd gevaar het, is sy ook tydens dié kunswedstryd se gala funksie op 27 September as die algehele afdelingswenner aangewys.

“Ons as ouers is baie trots op Mikayla en wens haar geluk met dié puik prestasies,” vertel Croukamp.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button