Local newsNews

Monument Toyota bederf plaaslike bejaardes

Monument Toyota in samewerking met Outreach Ministries bederf inwoners van Randfontein Vriendskapstuiste.

As deel van Monument Toyota Randfontein se jaarlikse liefdadigheidswerk het hulle in samewerking met Outreach Ministries die inwoners van Randfontein Vriendskapstuiste bederf.

Volgens die stigter van Outreach Ministries, Jackie du Plooy, het hulle die tuiste onlangs besoek en die oggend saam die inwoners spandeer.

“Ons doel met die besoek was hoofsaaklik om net bietjie saam die bejaardes te kuier en ons liefde met hulle te deel,” vertel Du Plooy.

Tydens die geleentheid het du Plooy ook die inwoners toegespreek en met haar liefdevolle woorde inspireer. 

Monument Toyota Randfontein het ook verskeie pryse geborg wat tydens ‘n gelukkige trekking aan van die inwoners oorhandig is.

Elke inwoner het ook ‘n klein geskenkie ontvang.

“Die dag was ‘n reuse sukses en die inwoners van Randfontein Vriendskapstuiste het die geleentheid baie geniet,” vertel Du Plooy.

Na afloop van die geleentheid kon die inwoners ook aan heerlike vingerhappies smul en net lekker saam die verteenwoordigers van Monument Toyota en Outreach Ministries kuier.

Du Plooy bedank elke inwoner wat die oggend bygewoon het asook Robbie van Venrooy en Basie Badenhorst van Monument Toyota wat die geleentheid bygewoon het.

“Sonder julle betrokkenheid by die geleentheid sou die dag nie so groot sukses gewees het nie,” vertel Du Plooy ten slotte.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button