Local newsNews

Pastoor Hansie Smit kom bedien die gemeenskap

AGS Greenhills-gemeente het binnekort 'n welbekende pastoor aan die woord.

 ‘n Welbekende pastoor en man van God, Hansie Smit sal van 19 tot 22 Oktober by die AGS Greenhills-gemeente aan die woord wees.

Volgens die pastoor van dié gemeente, Hannes van der Merwe, sal die gemeente verskeie spesiale dienste aanbied waartydens Smit die Randfontein-gemeenskap met God se woord sal bedien.

“Ek is oortuig ons Skepper het ‘n boodskap vir die Randfontein-gemeenskap, daarom doen ek ‘n beroep op hulle om die geleentheid by te woon,” vertel Van der Merwe.

Hy vertel dat die gemeente se tema vir Oktober ‘Ons sal doen’ is en Smit se boodskap sal by die tema aansluit.

Smit sal op 19 Oktober beide die gemeente se eredienste lei en van 20 tot 22 Oktober sal daar spesiale aanddienste plaasvind.

Toegang tot die dienste is gratis.

• Navrae: Skakel gerus die AGS Greenhills se kerkkantoor Maandae tot Vrydae tussen 8vm en 2nm by 011 692 3880.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button