Spitbraai om mense nader aan God te bring
'Ons wil 'n geestelike tuiste wees waar geloof kan groei' — kerk
Kinders se harde werk deur die jaar en Christenskap is onlangs met ‘n os op die spit gevier tydens die Nederduitsch Hervormde Kerk Midpark se spitbraai.
Volgens die kerk was dit voorwaar ‘n groot geleentheid waar hulle ook aan hul gemeente se laerskoolleerlinge erkenning gegee het vir ‘n jaar se harde werk.
Die kinders het ‘n kursus voltooi wat van groot waarde is vir jong Christene. Die jongste deelnemertjie was maar vier jaar oud.
‘n Optrede deur Ronel Erasmus en die lekker kos was hoogtepunte van die geleentheid.
Die kerk sê missie is om mense nader aan God te bring.
Die gemeente sê dankie vir die gemeenskap van Randfontein vir hul aanhoudende ondersteuning.
“Ons probeer ‘n verskil maak in die gemeenskap en wil veral ‘n geestelike tuiste wees waar ons lidmate in die geloof kan groei,” sê die kerk.
Besoek die gallery vir nog foto’s.



