Local newsNews

Willie Botha kuier by AGS Middelvlei

"Pastoor Botha het my in my jonger dae reggeruk," se 'n nostalgiese man van Botha se vorige gemeente.

Gospelsanger Willie Botha het onlangs sy moedergemeente, AGS Middelvlei in sang en woord gelei.

Dit was nie ‘n gewone kerkdiens nie, die gemeente is ook deur geestelike dansgroepe Angel Brides en Deo Gloria getrakteer.

Die nuwe pastoor by die gemeente, Henry Sinclair het daarna aan Botha oorgegee om ‘n boodskap vir die gemeente te bring.

Na die diens het Botha CD’s vir aanhangers geteken. ‘n Diens is die aand ook aangebied waar meer aanhangers Botha kon hoor sing en preek.

Botha is Suid-Afrika se bekendste blinde gospelsanger. Hy was voorheen pastoor by AGS Middelvlei waar hy steeds bekend is by die ouer gemeentelede.

‘n Nostalgiese Les Bronkhorst sê, “Pastoor Botha het my in my jonger dae reggeruk. Ek was nogal baie wild.”

Hy sê dat hy onthou hoe hy die pastoor in die omgewing rondgery het toe hy nog by die kerk bedien het. Hy vertel laggend dat hy nie kon glo dat Botha nie kon sien nie want hy het altyd presies geweet hoe vinnig hulle ry en hy kon amper presies sê waar hy hom moet afdraai.

Die gemeente was baie opgewonde om Botha weer by die kerk te hê en het ‘n hele paar getekende CD’s by hom gekoop.

Willie Botha teken CD's vir sy aanhangers.
Willie Botha teken CD’s vir sy aanhangers.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button