Local newsNews

Hervormde Kerk nooi Randfontein vir Kersmark

'Die dag is vir die hele familie'

Kersfees is om die draai en die Hervormde Kerk Sionspoort skud hul vere reg vir die kersmark wat die gemeente oudergewoonte weer vanjaar aanbied.

Die kersmark se ondersteuners kan weereens uitsien na net die beste kwaliteit handgemaakte geskenke wat teen baie bekostigbare pryse aangebied gaan word. Daar is ietsie uniek vir almal in die familie. Dit is die perfekte geleentheid vir mense wat ‘n bietjie wil spaar tydens Kersfees en ook ouma en oupa wat klienkinders het te bederf.

Die gemeente hou dieselfde tyd ook ‘n basaar met al die Afrikaanse tradisionele eetgoed en musiek.

Die mark word vanjaar gehou op Vrydag 28 November vanaf 2nm tot 8nm en Saterdag 29 November vanaf 9vm tot 1nm op die kerkterrein (93 van Deventerstraat in Randgate).

Volgens Dr. Johan van Staden, een van die gemeente se leraars, “Sal die dag vol pret wees vir die hele familie.”

Vrydagmiddag het die gemeente hul oudergwoonte barmhartigheidsprojek waartydens behoftige kinders bedryf word met ‘n kersete, geskenke, spelejies en pret.

Vir die kinders sal Barney the dinosaur en sy vriende Saterdagoggend by die kersmark kom kuier.

• Navrae: Johan by 082 464 1547.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button