Lede van die AWB wat Saterdag, 15 November aan die optog deur Randfontein deel geneem het. Hulle is van links: Raymond Malan en Peet Eilers.
Die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) het Saterdag deur Randfontein en minstens twee ander Wes-Rand dorpe gery vir bewusmaking.
Talle lede is gesien met AWB-uniforms, embleems en vlae.
Volgens Paul Visagie, AWB Wes-Rand Generaal was die doel van hulle besoek “Om mense bewus te maak van ons bestaan in die Wes-Rand en ook om mense wat belangstel te kry om by die party aan te sluit.
“Ons leuse is vir Volk en Vaderland en dus wil ons vir al die blanke mense in die Wes-Rand vra om ons by te staan in die beskerming van ons land se burgers.”
Die AWB is deur sewe mans – een van hulle Eugène Terre’Blance en eertydse hoofleier – in 1973 gestig. Terre`Blanche is toe in April 2010 op sy plaas buite Ventersdorp in die Noord-Wes vermoor.
Navrae: Gen. Visagie by 083 281 6009.
Lede van die AWB het met hulle voertuie en vlae deur Randfontein gery.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.