Local newsNews

EFF beplan groot optog

Publiek en EFF-lede beplan groot betoging na Randfontein-munisipale geboue.

‘n Rooi golf en sterk teenwoordigheid van die politieke party, die EFF (Ekonomiese Vryheidsegters) word more (Woensdag 4 Februarie) in Randfontein verwag.

Volgens ‘n amptelike verklaring beplan EFF-lede saam die publiek om vroeg-vroeg op die R28 (Westonaria-pad) bymekaar te kom waar hulle dan daarna in die dorp na die munisipale geboue sal beweeg.

Van die redes vir die optog sluit in hoë tariewe en belasting; die saamsmelt van Randfontein en Westonaria-munisipaliteite; hoë begrafplaastariewe en die munisipaliteit se enorme skuld wat steeds aan Eskom uitstaande is.

Motoriste is gevra om die dorp by die munisipaliteit eerder te vermy indien moontlik.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button