Local newsNews

Man met epilepsie vermis

Familie bekommerd en verwag die ergste.

Erik ‘Palera’ Abrahams, ‘n inwoner van Toekomsrus word sedert Donderdag 12 Februarie deur sy familie vermis.

Volgens ‘n familielid was Erik daardie dag oppad werk toe maar het nooit opgedaag nie.

“Dit is kommerwekkend dat Erik weg is want want hy ly aan epilepsie en kry gereeld aanvalle. Hy loop ook baie mank omdat hy half verlam is aan die regterkant van sy lyf. Hy het ook ‘n merk op sy kop en sukkel om te praat.”

Volgens Erik se skoonbroer, Ruben van der Merwe, “Ken almal in Toekomsrus hom en sou hulle hom huis toe gevat het as hy net verdwaal was.”

Ruben en Erik se suster, Elaine het hom as vermis aangemeld by die polisie en was bekommerd dat Erik die lyk is wat Donderdag deur polisie op die treinspoor gevind is. Ooggetuies het gesien hoe ‘n onbekende man deur ‘n trein getrap is, maar dit is nog onbekend of die twee sake verband hou.

Nadat die familie na die lyk gaan kyk het vroeër vanoggend (Dinsdag 17 Februarie) is dit wel bevestig dat dit nie Erik is nie.

“Dit is ‘n verligting vir ons want dit beteken daar is nog hoop om hom lewendig te vind maar dit beteken ook dat Erik nog iewers daar buite is,” het Ruben na die lykskouing gesê. Familie is ook deur polisie gevat na Roodepoort om te kyk of hy nie daar is nie.

As enigiemand weet waar Erik is skakel vir Elaine van der Merwe by 081 571 9313 of Ruben van der Merwe op 084 643 5560. Alternatief kan die Randfontein Polisie se speurder-tak gekontak word by 011 278 8100.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button