CrimeLocal newsNews

Jong pa aan diens doodgeskiet

'Een van die verdagtes het ontsnap maar die ander een is in hegtenis geneem' — polisie.

‘n Familie van Helikon Park is in rou nadat Burger Botes, 30, ‘n pa van ‘n 2-jarige dogtertjie by ‘n myn aan die Oos-Rand doodgeskiet is terwyl hy aan diens was.

Botes is verlede Vrydag 20 Februarie omstreeks 11vm glo deur ‘n onwettige mynwerker doodgeskiet terwyl hy saam met ‘n kollega patrolliewerk by Gold 1 myn in Springs gedoen het.

Kaptein Johannes Ramphora, Springs-polisiewoordvoerder het gesê, “Twee onwettige mynwerkers – Zama Zamas – het in die gras weggekruip. Botes en sy kollega wat sekuriteitsbeamptes van die myn is, moes die twee gewaar het en dit is toe dat die verdagtes op hulle begin skiet het.

“Een van die verdagtes het ontsnap maar die ander een is in hegtenis geneem. Hy sal volgende week in die hof verskyn op aanklag van moord.”

Burger word oorleef deur sy vrou Ann Louise, sy dogter Sumari, sy ouers Boats en Caroline Botes asook twee broers, Nelius en Stephan.

Sy begrafnisdiens word vandag (Vrydag 27 Februarie) om 11vm in die Hervormde Gemeente Midpark in Helikon Park gehou.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button