Dis heerlike lente, die winter is verby …
Kleuterskool leer hoe om blomme te plant op Lentedag.
Melktandjies kleuterskool het Lentedag behoorlik op Dinsdag 1 September gevier.
Kleuters van een tot ses jaar oud is op die dag geleer hoe om blomme te plant en dit te versorg danksy Judie Louw van Berona Kwekery wat weet waaroor dit gaan. Judie het die kompos, plantjies en potjies voorsien.

Denise Kruger, hoof en mede-eienaar van die bekende kleuterskool sĂȘ dit is die eerste keer dat hulle die projek aanpak.
Kleuters het ywerig weggespring en kort voor lank het almal trots hule blommetjies geplant. Die kleuters kon ook die blomme huis toe vat, waar hulle dit verder kan versorg. Sulke tipe aktiwiteite leer kinders van die natuur en ook, om dit te respekteer.
“Die kleuters het baie pret gehad, en met handjies vuil van grond, het ‘n mens besef, dit is hoe kinders moet leer en speel.




