Local newsNewsBreaking News

Vermiste skooldogter opgespoor

Rierand-leerling glo na drie dae op ‘n plot by ‘n bejaarde paartjie gevind.

‘n Leerling van Hoërskool Riebeeckrand wat bykans drie dae vermis was is weer veilig tuis.

Natasha Graaff, 14, in graad agt het omstreeks 5.30nm op Maandag, 31 Augustus vermis geraak nadat sy en haar ma van die winkel af teruggekeer het. Sy het daarna vir haar ma koffie geneem en toe haar ma uit die bad klim, was Natasha nêrens te vind nie.

Sy het nog haar skoolklere aangehad en het niks anders saam met haar gehad nie.

Haar selfoon was by haar maar die boodskap op die foon het gesê die nommer bestaan nie.

Natasha se ma, Cretchen Graaff het ‘n berader by Rierand, Jan Viljoen en familie genader vir hulp. Sy het ook ‘n saak by die Randfontein Polisie oopgemaak.

Volgens Cretchen was die afgelope paar dae swaar vir die familie.

Die Herald het die oggend van 3 September verneem deur Jan Jacobs dat Natasha op 2 September, omstreeks 4 nm gevind is. Sy is deur haar ma, met die hulp van Facebook gevind op ‘n plot by ‘n bejaarde paartjie. Sy was ongeskaad en sy is terug by haar ouerhuis.

Volgens die berader sal Natasha alle hulp ontvang aangesien sy deur ‘n moeilike tyd gegaan het.

Haar ma en die gemeenskap is dankbaar dat sy veilig is en dat sy alle hulpmiddels tot haar beskikking sal hê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Missing man found dead

Frikkie still missing after three months

Het jy vir Frikkie gesien?

Have you seen Poonam?

Missing child every four hours in SA

Missing girl, 16, found

Youngster still missing after four months

Man met epilepsie vermis

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button