Johanna ‘Dollie’ Nel, het gister haar 90ste verjaarsdag byVriendskapstuiste gevier.
Dollie is gebore in 1925, in Hamburg, Florida. Sy het vier kinders, twee seuns en twee dogters. Daarby het sy ook nog 11 kleinkinders. Dollie sĂȘ, “Ek lewe al so lank, want my kinders behandel my so goed.” Dollie word beskryf as iemand met ‘n goeie sin vir humor, liefdevol, ‘n vrou wat op die Here vertrou en iemand wat almal altyd beter wil laat voel.
Haar lewe was nie altyd maklik nie, toe haar oudste dogter gebore is, was sy net sewe maande swanger, en was by die huis. Dollie het haar dogter in ‘n skoenboksie gesit, omdat sy so klein was, en het haar met olyf olie gesmeer, omdat sy te klein was om te bad. Haar tweede kind is ook by die huis gebore.
Sy was 76 toe sy naby die dood omgedraai het. Sy het in daardie dae elke dag ver gaan stap, net om ‘n brood te koop. ‘n Tiener het haar per ongeluk omgery en daar het sy baie ernstige beserings opgedoen. Hulle het net in tyd haar lewe gered. Sy het daarna ook Guillain barre sindroom gekry, waar die liggaam se immuunstelsel ‘n deel van die senuweestelsel aanval.
Maar vandag is sy gesond, 90 jaar oud en ‘n gelukkige inwoner van Vriendskapstuiste.




