Local newsNewsSchools
Little Angels vier Lentedag
'Familie, waar lewe begin eindig liefde nooit nie'
Little Angels dagsorg het verlede week Vrydag hulle lentedag saam met hulle families gevier.
“Die hele familie het die spesiale dag saam met ons hulle gedeel. Hulle het in plaas van blommetjies plant, ‘n familieboom gemaak waar die mammas, pappas en kleuters hulle hande geverf het en ‘n afdruk gelaat het op die familieboom,” sê Chevonne Buitendag. eienaar van die dagsorg.
“Dit was ‘n pragtige gebaar, en daar is baie spesiale herinneringe op die lentedag geskep,” sê Chevonne.
Sy sê met trots dat dit ‘n baie suksesvolle dag was en dat almal die oggend sommer baie geniet het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



