Jannas se kleurvolle lentedag
Jannas VRL het die wêreld bekende Coulour Festival aan leerders bekendgestel

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het op Vrydag 18 September hulle jaarlikse lentedag gehou maar met ‘n verskil.
Jannas se nuwe verkose senior VRL het die wêreld bekende en al te populêre Coulour Festival aan Jannas leerders bekendgestel. In ‘n Colour Festival gooi mense mekaar met gekleurde poeier wat Holi poeier genoem is. Die poeier is gemaak met rys meel en voedselkleursel wat uitgedroog is en fyn gemaak is.
“Aan die einde van die dag was leerders onherkenbaar en beslis kleurvol net soos die lente wat vir ons wag. Selfs die onderwysers het gedeel in die pret toe hulle onder die leerders se poeier beland het. Leerders het gedans op die heerlike musiek en selfs hulle eie Meneer en Mejuffrou Lentedag gekies. Dankie aan elke leerder wat die dag n sukses gemaak het,” het Tamaryn Smith, woordvoerder van Jannas gesê.











