Ons eie Dr. Dolittle se eerste boek op rakke
Die storie gaan ook oor liefde, waardes en het 'n christelike ondertoon.
Adele van Rönge Kotzé, ‘n ontvangsdame by die Randfontein Dierehospitaal se eerste boek, Oepse Daisy, is gepubliseer.
Beter bekend as Dr Dolittle van Randfontein oor haar groot liefde vir diere, het Adele 10 jaar terug vir die eerste keer begin skryf.
Sy het agt hoofstukke geskryf maar het toe weer opgehou waar sy in April 2014 weer begin skryf het.
Nadat sy een aand gedroom het dat die Here vir haar sê: ‘Jy gooi jou talente weg’ het sy volgehou en twee maande daarna was haar eerste boek voltooi.
Publishing World SA het haar boek vir haar gepubliseer. Haar tweede manuskrip is reeds deur Publishing World SA goedgekeur en sy is amper klaar met haar derde manuskrip. Op die vraag waaroor die boek gaan het Adele geantwoord, “Dit gaan oor ‘n ryk, opgesmukte jong meisie (amper soos die Paris Hilton tipe) wat verskillende avonture beleef en wat in gevaarlike en snaakse situasies opeindig.
Die storie gaan ook oor liefde, waardes en het ‘n christelike ondertoon.
Jy stap ‘n pad saam met Daisy en jy begin dink aan jou eie waardes” sê Adele.
Haar boek het omtrent agt maande geneem om van druk rakke toe te gaan. Haar raad vir toekomstige skrywers is om baie te lees, om aan te hou, vas te byt en besef skryf is ‘n alleen aktiwiteit waar familietyd maar soms min raak. Haar moto is Go beyond what you feel.
As u graag haar boek ” Oepse Diasy ” wil lees, kan u navraag doen by Maroela Media en info@booksdirectsa.com.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.
Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Lees ook:
Randfontein se eie Dr. Dolittle
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!