Local newsNews

VIDEO: Ter nagedagtenis aan vermoorde Poppie

Hartseer video ter nagedagtenis aan vermoorde Poppie kom aan die lig.

‘n Hartroerende video ter nagedagtenis aan die vermoorde driejarige Poppie van der Merwe het sy verskyning gemaak. Stephan Visagie het die video op sy Facebook-blad geplaas.

Die musiekvideo met die titel Jy is vry is beskikbaar op YouTube en word deur Stephan gesing.

Dit kom twee dae nadat Kobus Koekemoer, die man wat van klein Poppie se dood verdink word op Maandag, 28 November in die Brits Landdroshof verskyn het. Suid-Afrika is ook midde-in die veldtog van 16 Dae van Aktivisme van Geen Geweld teen Vroue en Kinders (25 November tot 10 Desember).

Kobus Ludick, woordvoerder van die Van der Merwe-gesin het bevestig dat Koekemoer borgtog geweier is. Die saak is tot 25 Januarie 2017 uitgestel.

Die Staat het glo intussen aansoek gedoen dat die saak na die Hooggeregshof verwys word.

Die Herald is ook ingelig dat Koekemoer se regsverteenwoordiger na die borgaansoek onttrek het.

Lees Ook

Video: Vermoorde Poppie in vrede begrawe

Poppie at rest, but SA is outraged

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button