Local newsNews

Plaaslike haarkapster wen landswye kompetisie

Tydens een van die belangrikste kompetisie vir haarkappers is sy aangewys as die Twincare International Hairstylist of the Year, 2017, Boy Winner.

Charné Steenkamp, ‘n plaaslike haarkapster van Classic Street Style Studio het onlangs naam gemaak toe sy as die wenner van ‘n landswye kompetisie weggestap het.

Op Sondag 27 November het Charné aan die finale rondte van die Hairstylist of the Year-kompetisie se mansafdeling by Gold Reef City se Lyric Theatre deelgeneem. Dit word as een van Suid-Afrika se belangrikste kompetisies vir haarkappers beskou.

Maritza Groenewald, eienaar van Classic Street Style Studio, is trots op Charné en wat sy bereik het.  Foto: Alanicka Lotriet.
Maritza Groenewald, eienaar van Classic Street Style Studio, is trots op Charné en wat sy bereik het. Foto: Alanicka Lotriet.

Dit is voorwaar ‘n groot prestasie vir Charné aangesien dit haar heel eerste kompetisie in die bedryf is.

“Dit was verskriklik senutergend. Ek het nie geweet wat om te verwag nie, veral omdat ek geweet het my kompetisie is straf,” het sy vertel.

Daar is van alle finaliste verwag om ‘n vertoning van drie minute lank aan te bied wat dansers, modelle en sangers ingesluit het. Charné het ses modelle, drie dansers, asook ‘n sanger se hare vir die vertoning gestileer. Dit haar meer as ses uur geneem.

“Die gevoel is onbeskryflik om te weet dat dit alles my idees, my werk en my kreatiwiteit was. Ek is ook ongelooflik trots op my span, want sonder hulle sou ek dit nie gemaak het nie. Hulle het baie hard gewerk,” het sy gesê.

Die dansgroep wat opgetree het was dié van Trinity DANCE Company en die sanger was Charné Grabie. Die grimeerkunstenaars was Maritza Groenewald, eienaar van Classic Street Style Studio en JL Prinsloo.

Laan Naudé is een van die modelle wie se hare Charné gestileer het. Foto: Alanicka Lotriet.
Laan Naudé is een van die modelle wie se hare Charné gestileer het. Foto: Alanicka Lotriet.

“Alle eer gaan aan my span want hulle het ontelbare naweke ingesit en hard geoefen. My doel was om mense te inspireer en my span het my gehelp om dit reg kry,” het Charné vertel.

Vir Charné gaan dit nie oor die prys nie maar om haar passie met almal te deel. Sy is dankbaar teenoor almal wat haar gehelp het om dit op ‘n verhoog te kon uitbeeld.

“Die gevoel is ongelooflik, ek kan dit steeds nie glo nie. Die kompetisie was baie straf, maar my span het my deurgedra,” het sy ten slotte vertel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button