Local newsNews

Vrou, 93, maak kaartjies dat die biesies bewe

Inwoner van Vriendskaptuiste is al te lief daarvoor om kaartjies oor kersfees tot valentynsdag te maak en dit op 93-jarige ouderdom.

Van Kersfees-, verjaarsdag- en Valentynsdag- tot simpatiekaartjies – noem maar op – ‘n plaaslike inwoner van 93 jaar maak alles self.

Joey Miles, ‘n inwoner van Vriendskaptuiste is al te lief daarvoor om kaartjies vir alle geleenthede te maak ten spyte van haar gevorderde ouderdom.

Dis ‘n tydverdryf vir my. Al is dit ‘n duur stokperdjie gee dit my soveel plesier, régtig,” het sy gesê.

Joey het vertel hoe sy haar verborge talent eers laat in haar tagtigerjare ontdek het.

Joey is trots op haar kaartjies.  Foto: Alanicka Lotriet.
Joey is trots op haar kaartjies. Foto: Alanicka Lotriet.

“Drie van my dogters is vreeslik kreatief en kunstig. Een van my oorlede dogters het my aan waterverf bekend gestel en hoe dit werk. Dis waar dit begin het. Binne ‘n paar jaar het ons begin oorskakel na kaartjies; eenvoudige kaartjies vir alle geleenthede,” het sy verduidelik.

Met verloop van tyd het sy baie gevorderd geraak en het al honderde kaartjies gemaak.

Ek probeer elkeen anders maak. Ek volg sommer my eie kop met die kombinasies en kleure. Ek is lief daarvoor om verskillende goed saam te sit en dit te maak pas. Ek probeer werklik enige iets,” het Joey opgewonde vertel.

Sy geniet dit ook om twee tot drie keer ‘n jaar in Polokwane te gaan kuier waar sy graag kaartjies saam met haar skoondogter maak.

Joey is ‘n baie beskeie mens en skenk graag baie van haar kaartjies vir liefdadigheidsdoeleindes.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button