Local newsNews
Kersvader kuier by Myne Maatjies
Kersvader maak 'n draai by Myne Maatjies. Hoekom? Want hy bring geskenke, natuurlik.
Kleuters van Myne Maatjies Dagsorg se drome is bewaarheid tydens die onlangse besoek van ‘n baie spesiale gas.

Op Donderdag, 15 Desember het talle kleuters van dié dagsorg hul oë groot gerek terwyl hul in afwagting op die vroeë aankoms van die man in rooi en wit gewag het. Hoekom? – Want hy bring geskenke, natuurlik.
Terwyl die maatjies lekker gesmul het aan heerlike kersvaderskuimpies en kersboomkolwyntjies het Kersvader gelag, die kleuters op sy skoot getel en die geskenke oorhandig.

Elke jaar kuier Kersvader te lekker saam dié spul kleuters en vanjaar was dit weereens ‘n reuse sukses. Hulle het dit vreeslik baie geniet,” vertel Mariaan van Rensburg, die dagsorgeienaar.
Verder het die maatjies ‘n dag vol verrassings, lekkernye en feesvieringe saam geniet.

Lees ook
Groot kerspartytjie vir kleuters
Kleuterskool ontmoet Kersvader
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



