Local newsNews

Ma en kind oorleef huisbrand

Vrou en haar twee kinders verloor byna alles in brand.

‘n Ma en haar 17-jarige seun het byna alles verloor. Hulle is nietemin dankbaar dat hul lewe nadat hul zozo-huis in Madeliefiestraat in Toekomsrus aan die brand geslaan het.

Die Smith-familie se huis na die brand. Foto ingestuur.
Die Smith-familie se huis na die brand. Foto ingestuur.

Volgens Gerald Samson, raadslid vir Wyk 10, beloop die skade ‘n geraamde R22 000.

“Sy het alles verloor. Ons probeer goed bymekaarmaak vir die gesin,” het hy aan die Herald verduidelik.

Die Smith-familie se huis na die brand. Foto ingestuur.
Die Smith-familie se huis na die brand. Foto ingestuur.

Hazel Smith, 46, het aan Samson verduidelik dat ‘n brandreuk haar wakker gemaak het. Toe sy weer sien was daar net vlamme. Volgens haar was daar nie ‘n kers, ‘n sigaret of iets in die huisie wat die brand kon veroorsaak het nie.

Al het die insident reeds op 6 Desember verlede jaar gebeur, het Samson gesê dat niemand nog tot haar redding gekom het nie.

“Ek het die dag na die voorval dit onder Rampbestuur se aandag gebring. Hulle het na die skade kom kyk en gesê hulle ondersoek die saak, maar tot vandag toe het niemand die vrou nog gehelp nie. Dit is nie lekker om so te bly nie.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button