Die liefde blom by Vriendskaptuiste
Mans en vroue van Vriendskaptuiste vir Valentynsdag bederf.
Mans en vroue van Vriendskaptuiste is onlangs deur DA-raadslid Eddie Krog met blomme en sjokolade vir Valentynsdag bederf.
Eddie is die raadslid vir Wyk 1 en 5 en kuier glo gereeld by Vriendskaptuiste. Dit was sy idee om die bejaardes spesiaal te laat voel en te verras.

Stienie Roux, 78, het gesê dat dit ‘n baie spesiale gebaar is en dat sy lekker met Eddie gesels het.
Eddie se vrou, Sonja, het gehelp om die bederfpakkies aan die bejaardes uit te deel.

Ingeborg Suhr, 78, was deftig geklee in pienk. Christene Ferreira, 86 het gesê dat dit pragtig is van Eddie en die DA.

Jean Franenkel, 81, het gesê, “It is nice that we are remembered and it is a wonderful gesture. Eddie gives us a bright spark in our lives.” Die mans is nie uitgesluit nie en hulle het heerlik aan hul sjokolade gesmul.

Die inwoners in die siekeboeg is ook besoek en dit het hulle dag gemaak. Soos hulle sê, dit is die klein dingetjies in die lewe wat tel …
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Lees ook:
Ouetehuis vier lente met kleintjies
Vriendskaptuiste beveg bejaardemishandeling
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



