2017 Sona … dit was wild!
'n Vrou wat anoniem wou bly, het gesê sy is moeg vir die EFF wat oor en oor dieselfde doen.
Wille Woensdag het weer aangebreek, en in die tweede aflewering het die Herald die publiek gevra wat hulle van die wilde Staatsrede (State of the Nation Address – Sona) gedink het …
Die Herald was verbaas dat meeste van die inwoners wat daaroor uitgevra is, glad nie belang gestel het om daarna te kyk nie. Hier is van die inwoners se opinies:
‘n Vrou wat anoniem wou bly, het gesê sy is moeg vir die EFF wat oor en oor dieselfde doen.
Martin Eustace, 48, het gesê dat dit glad nie verander het nie. Hy glo Suid-Afrika is nou by rommel- of junk-status, en dat die land “on the bottom of the barrel” lê. Eustace het verder gesê dat geweld sal toeneem en dat niemand in elk geval vir Jacob Zuma aan bewind wil hê nie.
Ricardo de Sousa, 32, het net dele daarvan oor die radio gehoor, en volgens hom stel hy glad nie daarin belang nie.
Leonard Griesel, 57, het ook gesê dat hy glad nie belangstel nie, en ook nie daarna gekyk het nie.
Tebego Nahmpa het gelag en gesê dat politiek nie vir hom is nie. Zonke Mcunukelwa, 21, en Lettie Smith, 40, het gesê, “We are just not interested”. Robert Pretorius het die Staatsrede ‘n bokskryt genoem.

Ronel van Rombiurgh van Helikon Park het dit heeltemal misgeloop. Sy het eerder na die kinders gekyk.
Volgens berigte is Suid-Afrikaners se mening in die algemeen dat dit ‘n sirkus was. Van die inwoners het selfs daarna gekyk net om die aksie te sien.
Nou is die 2017-staatsrede verby, en wie weet wat volgende jaar kan gebeur …
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Lees ook:
Niemand in Randfontein het enige skade gely of beserings op gedoen toe hierdie video gemaak is nie
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



