Local newsNews

Skouvoorsmakie: Iets vir die senior burgers

Die 31ste Randfontein Skou het ook iets vir die senior burgers. Vind hier uit wat dit is ...

Organiseerders beloof dat daar weer iets vir almal gaan wees by vanjaar se Skou.

Hierdie week fokus die Herald spesifiek op dit wat die organiseerders vir die senior burgers van Randfontein beplan.

“Ons nooi alle senior burgers uit om die Skou op Donderdag, 2 Maart te besoek,” het Skoukoördineerder Marcelle Mans gesê.

“Lieb Bester (bekende akteur), Andy Lubbe (Innibos Fees-bestuurder) en Paul Jordaan tree saam op as Die Vasbyters en gaan senior burgers vanaf 12 uur die middag op die hoofverhoog vermaak. Kom vroeg en koop iets te ete by een van die stalletjies met hul heerlike kos voor die vertoning,” het Marcelle gesê.

Vanjaar se 31ste Randfontein Skou skop af op Donderdag, 2 Maart en duur tot Sondag, 5 Maart.

Gewone Skoutoegangsgelde:

• Senior burgers (65+; ID moet vertoon word) — R35

• Volwassenes (slegs Donderdag) — R70; Vrydag, Saterdag en Sondag — R80

• Kinders (6 tot 12 jaar) — R35; voorskoolse kinders se toegang is gratis

• Goedkoper Skoukaartjies — R60 (slegs volwassenes); beskikbaar tot 1 Maart

• Navrae: Skoukantoor by 011 412 2878 / 1878 of epos na joy@randfonteininfo.co.za

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button