Local newsNews

AfriForum mik vir veiliger Randfontein

AfriForum Randfontein-tak stig komitee wat sal fokus op gemeenskapsveiligheid.

Daar was ‘n sterk opkoms van gemeenskapslede met die stigtingsvergadering van AfriForum Randfontein se Veiligheidskomitee by die Eland-kleinhoewes op Vrydagaand, 10 Februarie.

Die vergadering is gelei deur luitenant-kolonel Tewie Botha, ‘n afgetrede weermagoffisier. Hy is bygestaan deur Matiam van Vuuren, die nuwe AfriForum Randfontein-takvoorsitter.

Tydens die vergadering is die Veiligheidskomitee (Veikom) gestig en Botha het die struktuur, funksies en rolle van die komiteelede bekendgestel en verduidelik. Hy het dit ook benadruk dat alle strukture binne die landswette moet optree, dat die strukture die polisie moet ondersteun, dat alle aktiwiteite proaktief moet wees, dat sigbaarheid op ‘n hoë vlak moet geskied, en dat insameling van inligting van ‘n goeie kwaliteit moet wees. Die leuse moet altyd wees ‘Proaktiewe inligtingsoperasies’.

Die volgende persone is eenparig deur die teenwoordige gemeenskapslede tot lede van Veikom verkies: Tewie Botha as voorsitter, William Knight as ondervoorsitter, Derrick Erasmus as die koördineerder van die Gesamentlike Operasionele Sentrum (GOS), Christina Breetzke as die koördineerder van administrasie en personeelsteun, Marthinus Lotter as koördineerder van logistieke steun en Angelique van Vuuren as koördineerder van finansiële steun.

 

Die aanstellings van die inligtings- en operasieskoördineerders is as vertroulik hanteer.

Die vergadering is laastens toegespreek deur die takvoorsitter. Van Vuuren het ‘n beroep gedoen op die gemeenskap om by ‘n goed gestruktureerde en georganiseerde burgerregte-organisasie soos AfriForum in te skakel om volhoubare oplossings vir die toekoms in plek te stel.

Die organisasie se fokusareas is plaaslike regering, gemeenskapsveiligheid, omgewingsake en die jeug. Die fokus van Veikom is gemeenskapsveiligheid, daarom sal daar nou dringend aandag gegee word aan die stigting van funksionele en goed gekoördineerde buurtwagte om Randfontein ‘n veilige dorp en gemeenskap te maak.

Van Vuuren het ‘n beroep gedoen op die gemeenskap om betrokke te raak en veiligheid ‘n eie verantwoordelikheid te maak. Hy het ook verduidelik dat daar nou aandag gegee gaan word aan behoorlike borge, bevel en beheer, buurtwagstrukture, administrasie, opleiding, fasiliteite, uitrusting en toerusting vir die uitvoering van inligtingsoperasies.

Na afloop van die vergadering is vure aangesteek en kon almal sosiaal verkeer.

Alle navrae kan telefoniese gerig word aan Matiam van Vuuren by 084 411 2512 of per e-pos aan matiamvv@gmail.com of tewie.hrconsult@gmail.com

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button