VIDEO: Wat wag op ‘n agtjarige seun in Asië?
KYK: Leerder, 8, wat uitgenooi is na 'n internasionale kompetisie in Thailand later vanjaar vertel wat daar op hom wag.
Die Herald het Woensdag (8 Maart) ‘n onderhoud gevoer met ‘n agtjarige seun van Randfontein wat genooi is om later vanjaar aan ‘n internasionale kompetisie in Thailand deel te neem.
Die kompetisie staan bekend as die 2017 Bangkok Global Association of Japanese Soroban and Mental Arithmetic (GAJSMA)-kompetisie. Bangkok is Thailand se hoofstad waar na raming 10 miljoen mense uit ‘n totale bevolking van 65,5 miljoen woon. Thai en Engels is die land se amptelike tale.
Jonathan Arlow van Laerskool Rapportyer het ons vertel wat op hom wag …
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



