Local newsNews

#VrydagBraaiDag: Hoe om boerewors perfek te braai

Die Herald het met Hans de Lange gepraat om uit te vind hoe om boerewors perfek te braai.

Op hierdie #VrydagBraaiDag het die Herald met Hans de Lange gesels om uit te vind hoe om boerewors perfek te braai.

Hans en sy vrou Mary-Anne verkoop boerewors aan die R28 naby die R559/ R28-kruising. Op 18 Februarie vyf jaar gelede het hulle begin om jumbo boereworsrolle aan motoriste en voetgangers te verkoop en die aanvraag is steeds groot.

Hans en Mary-Anne de Lange verkoop vir die afgeloope vyf jaar boereworsrolle by die R28.

Hans braai die wors en Mary-Anne behartig die verkope en bedien die klante. Hy het vir die Herald verduidelik hoe om boerewors so te braai dat dit nie soos droëwors lyk nie.

Hans het vertel dat mens heel eerste goeie boerewors moet kry om te braai. Hulle koop hul voorraad by Westgate Meat Market.

Die braai, volgens Hans, moet nie te warm wees nie – middelmatige hitte is reg. Hans het gesê hy draai nie die wors baie om nie, “… nie meer as vyf keer nie”.

Hans de Lange het vir die Herald verduidelik hoe om ‘n sappige boereworsrol te maak.

Om te sien of die wors reg is, breek dit oop, het hy gesê. “Die wors sal reg wees wanneer dit nie meer pienk is nie, maar nog sappig is.

“En dis hoe jy boerewors braai.”

Mary-Anne bedank graag al haar klante. “Elke kar wat hier stop maak ‘n groot verskil vir ons. Baie, baie dankie vir jul ondersteuning,” het sy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button