Local newsNews

Draai toe jul krane! Kraan (mascot) aan kleuters

Draai toe jul krane! Manzi die gelukbringer vertel Melktandjies Kleuterskool se leerders van waterbesparing.

‘Draai toe jul krane’, ‘Water is lewe en lewe is water’ was ‘n paar van die boodskappe aan kleuters toe ‘n span van Water Wise onlangs vir Melktandjies Kleuterskool in Homelake besoek het om oor waterbesparing te gesels.

Manzi, Water Wise se gelukbringer het die boodskap deur middel van ‘n poppekasvertoning op ‘n humoristiese wyse oorgedra. Manzi en sy span se doel is om jong kinders te leer dat water kosbaar is. Volgens Denise Kruger, eienaar van Melktandjies was die dialoog uitstekend.

Mbali Butulezi saam met Manzi die gelukbringer van Water Wise. Foto ingestuur.

“Die kleuters was mal oor Manzi en kon nie hul oë van hom of die handpoppe afhou nie,” het sy gesê.

Denise het verder gesê dit is belangrik om kinders van kleins af te leer van waterbesparing. Hulle is onder andere geleer om die kraan toe te draai as hulle tande borsel, want so kan hulle tot ses liter water in ‘n minuut spaar.

“Die kleuters het geskater van die lag. Ek glo elkeen is opgewonde om water spaarsamig te begin gebruik,” het Denise gesê.

Een van hulle, Mbali Butulezi, kon nie wag om na die tyd met die handpoppe te speel nie.

Die kleuterskool in Homelake bedank graag Water Wise en hul span naamlik Buhle Mazibuko, Lucky Kunene en Thembinkosi Shabalala vir hulle insiggewende besoek.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button