Local newsNews

Takel jou troeteldier se maagprobleme

HET JY GEWEET: Maagaandoenings is een van die algemeenste redes hoekom troeteldiereienaars hulle diere veearts toe neem.

Maagaandoenings is een van die algemeenste redes hoekom troeteldiereienaars hulle diere veearts toe neem, het dr Guy Fyvie, veterinêre raadgewer vir Hill’s Pet Nutrition verduidelik.

Dit is ontstellend as jou beste vriend siek is, en natuurlik is dit ook vir hulle onaangenaam. Hier volg kundige advies om jou te help om jou troeteldier se maagaandoenings hok te slaan, ongeag wat dit veroorsaak.

“Diarree en braking kom om verskeie redes voor, wat kan wissel van redelik onskadelik tot ernstig. Die algemeenste rede by honde is wanneer hulle iets eet wat hulle nie moet nie. Ander redes sluit in stres, voedselsensitiwiteit, parasiete (soos wurms), bakteriese infeksies en virusse, of chroniese toestande wat insluit pankreatitis, kolitis en inflammatoriese ingewandsiekte.”

Fyvie beveel aan dat jy nie te lank moet wag voordat jy jou troeteldier veearts toe neem indien hy of sy ’n omgekrapte maag het nie.

“Wanneer diere diarree het en braak, verloor die liggaam water en elektroliete, en die dier kan vinnig ontwater, veral jong diere en kleiner tipes.” Hy beveel aan dat jy die dier goed dophou om die erns van die probleem vas te stel.

“Na net ‘n tweepersent-verlies van liggaamsvloeistof sal jou troeteldier lusteloos raak, na vyf persent erg depressief raak, en indien die dier 10 persent liggaamsvloeistof verloor het, is daar die risiko dat die dier kan doodgaan.”

Hoewel eienaars soms aangeraai word om die siek dier hoender en rys te voer, is dit sinvol om siek diere kos te gee wat klinies bewys is om hulle vinniger te laat herstel.

“Hill’s Prescription Diet i/d is ontwikkel vir diere met gastroïtestinale toestande. Dit is hoogs verteerbaar en sag op die maag, en bevorder die absorpsie van belangrike voedingstowwe en elektroliete om te vergoed vir dié wat verlore gegaan het,” het Fyvie gesê. “Voer die dier klein, gereelde maaltye tydens die herstelperiode en maak seker dat daar altyd skoon, vars water beskikbaar is.”

“Voorkoming is altyd beter as genesing,” het hy gesê.

“Indien jy jou dier se inentings op datum hou, jou huis veilig vir jou troeteldiere maak en voorsorgmaatreëls tref vir wanneer jy nie daar is nie, is daar minder kans dat jou troeteldier siek word.”

Voorkoming

• Hou jou hond aan ’n leiband om te keer dat hy alles eet wat hy tydens ’n stappie teëkom, veral as hy geneig is om ‘skatte’ uit te snuffel.

• Maak jou huis troeteldierbestand en bêre huishoudelike chemikalieë en gifstowwe buite bereik.

• Gooi vullis in ’n vullisdrom waar dit nie uitgegrawe kan word nie.

• Moenie jou hond oorskietkos of bene voer nie.

• Maak seker inentings is op datum.

• Gee ’n gesonde, volledige dieet met die korrekte balans van voedingstowwe en antioksidante wat die immuunstelsel ’n hupstoot gee.

• Koop net ’n katjie of hondjie van ’n betroubare teler of diereskuiling en maak seker dat dit ingeënt en ontwurm is (vra vir ’n amptelike inentingsertifikaat).

• Moenie ’n troeteldier wat nie ingeënt is nie na ’n openbare area neem nie. Hou jou dier by die huis as hy siek is om te keer dat hy ander diere besmet.

• Ontwurm gereeld (volgens jou veearts se aanbevelings).

• Voer eerder klein maaltye meer gereeld as om bakke kos uit te sit wat kan sleg word.

• Hou jou erf skoon en tel ontlasting daagliks op. Moenie dit in die gras inwas nie – dit kan die omgewing met wurmeiers besmet wat in die ontlasting uitgeskei word.

Hoewel spysverteringsprobleme alledaags is, moet dit nie geïgnoreer word nie. “Daar is baie moontlike oorsake en dit kan tyd neem om die regte behandeling te kry. Vroeë ingryping kan die verskil tussen lewe en dood beteken.”

Redes vir ’n omgekrapte maag

• Geen diskresie wat kos betref – eet vrot kos of nievoedsel-items

• Toksiene – medikasie, giwwe of produkte wat giftig is vir diere, soos sjokolade, insekdoders, rotgif, bleikmiddel, sekere soorte kunsmis en sekere plante

• Parasiete, soos wurms

• Voedselsensitiwiteit, -intoleransie en -allergieë

• Bakteriese infeksies en virusse, byvoorbeeld die parvovirus

• Toestande van die spysverteringskanaal, soos pankreatitis, kolitis en inflammatoriese ingewandsiekte

• Siektes soos diabetes of nier- of lewersiekte

• Stres – akute of chroniese stres kan die probleme aan die gang sit

Tekens van maagprobleme

• Braking

• Diarree of sagte stoelgange

• Gewigsverlies

• Verandering in aptyt

• Winderigheid

• Gorrelende maag

• Hardlywigheid

• Skielike onaktiwiteit of depressie

• Soms toon diere ander tekens, soos ’n jeukerige vel of ore

As jou troeteldier met spysverteringsprobleme sukkel, besoek jou veearts vir kundige raad of gaan na www.HillsPet.co.za/digestive-health.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button