Almal is welkom by Maranatha se groot Paaskonferensie
'n Vierdag-konferensie oor Paasnaweek in Middelvlei is vir alle Christene bedoel.
Die Maranatha Aanbiddingsentrum hou oudergewoonte tydens die Paasnaweek ‘n konferensie. Vanjaar se tema is: Net een druppel bloed.
Die konferensie strek oor vier dae – van Donderdag, 13 tot Sondag, 16 April. Die hele gemeenskap van Randfontein en die omliggende gebiede, hul vriende, familie en enigiemand wat belangstel is welkom.
Die konferensie begin om 7nm op Donderdag, 13 April met ‘n openingsdiens deur pastoor Leon de Beer.
Op Vrydag, 14 April om 8vm word ‘n biduur deur pastoor Martin Wijtenburg gelei, gevolg deur ‘n nagmaaldiens deur pastoor Marinus Coetzee (President) om 10vm. Pastoor Vera Terblanche sal Vrydag afsluit met ‘n aanddiens om 6nm.
Saterdag om 8vm lei pastoor Neels Herbst ‘n biduur en om 10vm is daar ‘n sustersdiens waar pastoor Susan de Jager sal voorgaan. Die Werkersraadvergadering vind terselfdertyd plaas.
Omstreeks is die kinders se beurt met MAS Sondagskool. Die Saterdag word afgesluit met ‘n jeugdiens wat om 6nm waargeneem sal word deur die I am second-bedieningsgroep.
‘n Biduur deur pastoor Bennie Grobler om 8vm lui Sondag, die laaste dag van die konferensie in, gevolg deur ‘n oggend- en nagmaaldiens omstreeks 10vm wat deur pastoor Chris Fourie gelei sal word. Die heel laaste item van die konferensie word om 6nm gelei deur pastoor André de Jager.
* Navrae: Kontak pastoor Chris Fourie by 083 250 4993.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



