Local newsNews

Hou jou tande gesond in die Paastyd

Hoe om tande gesond te hou selfs wanneer daar so baie lekkernye met 'n hoë suikerinhoud oor Paasfees beskikbaar is.

Anders as die Paashaas, wie se tande aanhou groei, is ons volwasse tande permanent en hou op groei nadat hulle uit die tandvleis gekom het.

Tandbederf is die wêreld se algemeenste gesondheidskwessie, dus is behoorlike versorging noodsaaklik as jy jou tande wil behou. Hier is kennersadvies oor hoe om tande gesond te hou, selfs wanneer daar so baie lekkernye met ‘n hoë suikerinhoud oor Paasfees beskikbaar is.

“Tandbederf kom voor wanneer bakterieë in jou mond, bekend as plaak, voedsel afbreek en suur vrystel wat die tande erodeer,” het Dirna Grobbelaar, Ivohealth se raadgewer oor mondgesondheid gesê.

“Indien die plaak nie verwyder word nie sal dit tandbederf en tandvleissiekte veroorsaak.”

Die doeltreffendste manier om plaak te verwyder is om jou tande skoon te maak deur minstens twee keer per dag korrek te borsel. Dit is ideaal om ‘n borsel met sagte hare, wat nie die tandvleis sal beskadig nie, te gebruik en al drie tandoppervlakke (bo, voor en agter) deeglik skoon te maak.

Om jou te help om jou tande vir die volle twee minute te borsel (soos tandartse aanbeveel), gebruik ‘n tydhouer, ‘n toepassing of ‘n borsel met ‘n ingeboude tydhouer, soos die Philips Sonicare-kragborsel.

Dit is noodsaaklik om daagliks tussen die tande skoon te maak en moet begin sodra die tande aan mekaar begin raak, gewoonlik op ongeveer tweejarige ouderdom. Vlos is nie vir almal maklik nie, maar deesdae is daar talle opsies: Sunstar GUM het ‘n yslike reeks interdentale produkte, insluitende Soft-Picks (hoëtegnologie-tandestokkies), interdentale borsels en vloshandvatsels.

Daar is ook ‘n waterspuit wat strale water tussen die tande inspuit. Die Panasonic Oral Irrigator is goed, veral vir mense met inplantate of ortodontiese draadjies.

Volg ‘n voedsame, goed gebalanseerde dieet. Die ideaal is om suikeragtige voedsel en drankies te vermy. Wanneer jy wel af en toe aan die versoeking toegee, moenie onmiddellik jou tande borsel nie, aangesien suiker jou tandemalje tydelik versag.

Spoel liewers onmiddellik jou mond met water of ‘n alkoholvrye mondspoelmiddel soos Dentyl Active uit. Wag ‘n uur of so voordat jy borsel.

Hoe dikwels jy eet, is nog ‘n faktor. Uit ‘n tandheelkundige perspektief is ‘n kort fluktuasie in pH-balans beter as ‘n voortdurende bombardement.

Gereelde maaltye of ‘n enkele sjokoladefees is in werklikheid beter vir jou tande as om dwarsdeur die dag klein versnaperings en lekkernye te eet.

Laaste, maar nie die minste nie, sal ‘n professionele skoonmaak deur ‘n mondhigiënis elke ses maande, en ‘n ondersoek deur die tandarts elke jaar verseker dat enige probleme opgemerk word voordat dit ernstig word.

Vir nog kundige raad, praat met jou tandarts of mondhigiënis, of besoek www.ivohealth.co.za.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button