Local newsNewsUpdate

Honderde by Rossouw-egpaar se roudiens

OPVOLG: Nagenoeg 1 000 mense woon roudiens vir Rossouw-egpaar by.

‘n Roudiens van byna drie uur lank is op Donderdag, 20 April by die NG Kerk Helikonpark gehou vir die egpaar Johann en Retha Rossouw wat verlede week gesterf het.

Retha is op 10 April oorlede en Johann op 12 April – dieselfde dag waarop Retha sou verjaar.

Lees ook: Geliefde Jannas onderwyser sterf in ongeluk

Die gesin was in ‘n motorongeluk betrokke terwyl hulle op pad was om by Zimbali in Ballito te gaan vakansie hou. Hul dogter Veronique was ook in die motor, maar sy het net ligte beserings opgedoen.

Veronique Rossouw sit rose op haar ma en pa se kiste. In die agtergrond is Hannes Nel, Retha Rossouw se pa.

Omtrent 900 mense, waaronder familie, vriende, kennisse en Hoërskool Jan Viljoen-leerders het die verassingsdiens bygewoon. Ds Pieter-Nel Klopper en ds Nico van Rensburg het die diens waargeneem.

Lees ook: Jannas leerder verloor albei ouers in ongeluk

Retha se pa, Hannes Nel, het deurgaans vir Veronique ondersteun waar sy saam met Johann se drie seuns – Johann, Riaan en Christiaan – voor in die kerk gesit het. Veronique was baie sterk gedurende die diens en het selfs vir die Herald geglimlag. Kleinkinders Zian, Estian, Divan, Luka en Jana was ook daar.

‘n Begrafnisbrief met Johann en Retha se foto’s daarop.

Verskeie aangrypende huldeblyke in ‘n pragtige begrafnisboekie is deur Pieter-Nel en Nico voorgelees en die trane het gevloei.

Lees die volledige storie in volgende week se 28 April-uitgawe van die Herald.

Besoek ons gallery vir nog foto’s.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button