Riebeeck-netbalspelers leer nuwe vaardighede
Toernooie help Riebeeck-netbalpelers se vaardighede verbeter.
Netbalspelers van Hoërskool Riebeckrand het die afgelope skoolvakansie nuwe vaardighede aangeleer.
Die skool se o.14- tot o.16-netbalspanne het aan ‘n netbaltoernooi in Pretoria deelgeneem, terwyl die eerstespan hul staal in die Paarl gewys het.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder het die onderskeie spanne nie net uitstekend gevaar nie maar ook hul netbalvaardighede opgeskerp.
Die eerstespan was veral indrukwekkend deur hul 10 wedstryde te wen en is uiteindelik as die wenners van die toernooi aangewys. Danielle Malan is as die beste doel aangewys en Melouise Mulder as die beste speler. Hoërskool Riebeeckrand is ook as die beste span van die toernooi aangewys.

“Riebeeckrand is baie trots op al hul netbalspanne en -afrigters. Dit is wonderlik om te sien hoe toegewyd en passievol die dogters en afrigters is. Hulle pluk voorwaar die vrugte van hul harde werk.”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



