Spesiale optrede by vanjaar se Mnr en Mej Rammie
Heidi gaan haar heel eerste enkelsnit met Rammies deel.
Dit is weer tyd vir Laerskool Randfontein (Ram) se Mnr en Mej Rammie en vanjaar gaan Heidi, ‘n bekende sanger, by die skool optree.
Die spoggeleentheid vind op 25 April in die Ram-skoolsaal plaas en Heidi gaan die heel eerste enkelsnit op haar debuutalbum met ouers, leerders en personeel deel.
Die titel van die enkelsnit is Wat ‘n hart laat lag en is geskryf deur Emil Struwig en deur Werner Beukes vervaardig.
Heidi is ‘n nuweling om vanjaar dop te hou; haar album beloof om oud en jonk te bekoor.
Sy het onlangs ook ‘n musiekvideo van haar weergawe van The Gambler vrygestel. Dit is goed deur die publiek ontvang en het selfs die nommerdrie-plek op iTunes se lys van top Afrikaanse musiekvideo’s gehaal.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



