‘n Dromer met ‘n passie vir kankerpasiënte
Ontmoet vir Thea van Kansa, iemand met 'n passie om 'n verskil in kankerpasiënte se lewens te maak.
Thea Wille se beroep raak daagliks menige lewens, maar sonder die gemeenskap se hulp sal sy nie so suksesvol kan wees nie.
Thea is al die afgelope 37 jaar ‘n Randfonteiner. Sy het aan Hoërskool Riebeeckrand gematrikuleer en is die trotse ma van twee kinders.
Haar betrokkenheid by die Kankervereniging van Suid-Afrika (Cansa) het haar lewe verander. Thea het aan die Herald vertel dat toe sy ses jaar oud was, haar tannie as gevolg van dikdermkanker oorlede is en dat dit haar geïnspireer het om kankerpasiënte te help.
Voordat sy voltyds by Cansa betrokke geraak het, het sy vrywillige werk vir hulle gedoen.
“Ek wag al jare lank om ‘n werknemer van Kansa te wees en ek geniet my werk baie. Kansa is ‘n groot droom wat vir my waar geword het en daardeur wil ek graag mense help en ook mense betrokke kry om ‘n verskil te maak,” het Thea gesê.
Haar grootste droom is om ‘n verskil te maak in kankerpasiënte se lewens en om soveel moontlik mense te help.
Van die projekte waarby sy betrokke is sluit in:
• Shavathon
• Tekkie Tax
• Cuppa For Cansa
• Relay For Life
• Movember
• Cansa Active
Thea wil graag die hele gemeenskap uitnooi om deel te word van Kansa en om saam ‘n verskil te maak. Sy het ook aan die Herald vertel dat die niewinsgewende organisasie vrywilligers nodig het vir hulle projekte.
Skakel Cansa se Randfontein-tak by 072 342 0008 gekontak word.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



