Unieke kunstalent weer ten toon gestel
Nuwe en unieke kunstalent is onlangs ten toon gestel tydens die Randfontein Kunsvereniging se maandelikse werkswinkel.
Die Randfontein Kunsvereniging het die afgelope naweek hul maandelikse werkswinkel in Dwarskloof aangebied.
Hulle beoog om een keer ‘n maand bymekaar te kom waartydens verskeie mediums van kuns bespreek word. Die vereniging bestaan uit 130 lede waarvan ongeveer 25 aktiewe lede is.

Die lede gaan ook gereeld op uitstappies, onder andere na kunsgalerye om kunstenaars bloot te stel aan alle vorme van skone kuns. Die vereniging wil graag meer aktiewe lede betrokke kry om saam idees uit te ruil en saam te groei.
Die lede se volgende byeenkoms is op Saterdag, 15 Julie waartydens ‘n nuwe tema en nuwe benadering tot kuns gedemonstreer sal word. Hulle nooi die hele gemeenskap uit om by die vereniging aan te sluit en om in die unieke ervaring te kom deel.

• Navrae: Kontak Paul per e-pos na paulartgal@gmail.com
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



