Lizelle – ‘n Skoonheidsdeskundige van formaat
Ontmoet die vrou wat ander vroue op 'n besonderse manier laat mooi lyk.
Lizelle Colsby is dalk nie met ‘n towerstaffie in die hand gebore nie, maar sy het geveg vir haar droom.
Sedert Lizelle kan onthou wou sy ander vroue op ‘n besonderse manier laat mooi lyk. Sy het nooit die geleentheid gehad nie totdat sy op 20-jarige ouderdom besluit het om haar droom en passie met albei hande aan te gryp.
“Ek het een oggend wakker geword en besluit dat dit nie saak maak wat iemand sê nie, ek gaan my droom vandag begin najaag,” het Lizelle gesê.
Lees ook: Haarkappers reik uit na Gateway Village
Van daar af het dinge begin vlamvat en het sy naam gemaak onder die vroue van Randfontein en omliggende areas. Annie Nolan, ‘n Randfontein-inwoner het aan die Herald vertel dat Lizelle ‘n besonderse talent het om met grimering vroue se drome te laat waar word. Sy ‘skep’ van ‘n tier tot ‘n feeprinses.
Lizelle was besig met ‘n kursus in haarversorging toe sy besluit het om ‘n grimeerkursus aan te pak. Daarna het sy dit wat sy tydens die kursus geleer het, ‘n stappie verder geneem en self die fynere aspekte daarvan geleer.
“Ek was verbaas om te sien waartoe ek werklik in staat was,” het Lizelle gesê.
Vir Lizelle is haar werk haar passie. Sy het aan die Herald vertel dat dit vir haar voel asof sy nie werk nie, maar dat sy eintlik elke dag by die werk speel.
Lizelle se grootste droom is om eendag haar eie besigheid of ‘n franchise te besit.
“Onthou, dinge werk altyd vir die beste uit,” het Lizelle gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



