Local newsNewsUpdate

#VrydagBraaiDag: Hoe gereeld braai jy?

Greenhills-inwoner Richard Meyer het vir dié week se #VrydagBraaidag gesê hy glo daaraan om minstens twee keer 'n week vir sy gesin te braai. Wanneer braai jy?

In dié week se #VrydagBraaiDag het die Herald by Greenhills-inwoner Richard Meyer gaan kuier om te hoor hoe gereeld mens behoort te braai.

Richard, 19, studeer tans onderwys en is ‘n assistentonderwyser by Laerskool Avanté Primary.

Braai is in sy bloed en hy hou daarvan om vir ander mense te braai. Vanaf ‘n jong ouderdom het sy pa hom die fynere kunsies van braai geleer. Hy glo daaraan om minstens twee keer ‘n week vir sy gesin te braai.

Vrydae-aande braai hy gewoonlik steak met ‘n heerlike sous daarby, en Saterdae-aande braai hy ‘n lekker skaaptjoppie en geniet ‘n aartappeldis of ‘n knoffelbroodjie by sy braaivleis.

“Ek sou nie sê dat ek ‘n geheime bestanddeel gebruik as ek braai nie, maar spare rib-marinade is vir my baie belangrik op my vleis,” het Richard gesê.

Richard het ook aan die Herald vertel dat hy die vleis by ‘n plaaslike slaghuis koop waar hy vir seker altyd vars en goeiegehalte-vleis kry.

Vir hom is ‘n gesellige atmosfeer tydens ‘n braai baie belangrik. Hy het ook vertel dat goeie rugby en vriende ‘n bonus is.

Richard geniet dit van jongs af om te braai.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button