Leer ‘n Teiner ken #22 – Abram Mosipili
Die 22e persoon in die Herald se gewilde 'Leer 'n Randfonteiner Ken'-veldtog voorgestel.
Die Herald het Dinsdag, 27 Junie met die 22e persoon in die #Leer ‘n Teiner Ken-veldtog kennis gemaak.
Abram Mosipili, of Ab soos almal hom ken, is 26 jaar oud en woon al 24 jaar lank in Randfontein. Hy bly vir die afgelope ses jaar in Toekomsrus. Hy het Inligtingstegnologie studeer maar is tans ‘n verkoopspersoon by ‘n bekende maatskappy.
“My dogtertjie is amper twee jaar oud en sy is my oogappel,” het Ab gesê.
Hy speel graag gholf in sy vrye tyd en beskou homself as ‘n baie skaam en stil mens.
Ab het aan die Herald vertel dat sy vriende hom die naam Abrahamanov Kavodsky gegee het omrede hy gereeld ‘n hoed dra wat met pels bedek is.
Ab se grootste droom is om eendag sy eie internetkafee in Toekomsrus te besit en ‘n suksesvolle sakeman te word.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



