Local newsNews

Model, 5, klop aan munisipaliteit se deur

Onthou jy vir Jessica Troskie, 5, wat uitgenooi is om aan die Little Queen and King World 2017-kompetisie in Bulgarye deel te neem? Kan jy ons help om haar daar te kry?

Die Herald het onlangs verslag gedoen oor Jessica Troskie, 5, wat uitgenooi is om aan die Little Queen and King World 2017-kompetisie in Burgas, Bulgarye deel te neem

Die kompetisie vind van 15 tot 21 Augustus plaas. Die Herald het besluit om saam met haar ouers die enorme bedrag vir die reis so gou as moontlik bymekaar te probeer kry. Daar is reeds uitstel aan hulle verleen om die eerste depositobedrag te betaal.

Op Woensdag, 5 Julie, het die Herald saam met Jessica en haar ouers, Phillip en Theresa Troskie, die Rand West Plaaslike Munisipaliteit gaan besoek en met Caroline Setsiba gaan gesels oor moontlike finansiële hulp.

Setsiba, en nog ‘n munisipale werker wat met die spesifieke gevalle werk, het verduidelik dat die Uitvoerende Burgemeester, Mzi Khumalo ongelukkig by ‘n groot konferensie was. Setsiba het voorgestel dat daar ook ‘n fondsinsameling vir Jessica gereël kan word. Bewyse van al Jessica se titels en kontrakte is aan hulle oorhandig, en die gesin sit op hete kole om te hoor of hulle gehelp sal kan word.

Jessica is ‘n Graad R-leerder van Laerskool Gerrit Maritz en student van die Emerald Modelling Academy in Homelake. Op 22 Oktober verlede jaar het sy tydens die Future Model and Talent-kompetisie die afdeling vir ‘Best evening wear’ gewen, asook die gesogte titel Miss Grand Prix Talent. Op 11 Maart vanjaar het sy tweede by die Model of the Year 2017-kompetisie geëindig en ook die titel van Best Personality gekry.

Vroeg in Mei is sy tydens die SA Future Fashion Face 2017-kompetisie as die deelnemer met die beste talent aangewys, en het algeheel tweede geëindig.

By die Mr and Miss Just in Time-kompetisie later dieselfde maand was sy die derde prinses in haar ouderdomsgroep.

Op 10 Junie het sy die titel Grand Prix Model losgeslaan by die Little Model Earth 2017 Nationals SA, waar sy ook die wenner in die kategorieë vir ‘Best Interview’en ook die Mpumalanga-wenner was. Op 24 Junie is sy as Mej Carletonville gekroon en het ook goud in die ‘Excellence Walk’-afdeling verower.

Op 1 Julie is sy weer as derde prinses by die Frosted Divas-kompetisie gekroon.

Phillip het gesê dat as hulle nie hulp en borge kry nie, Jessica dalk nooit weer so ‘n geleentheid sal kry nie.

Indien daar ‘n persoon of besigheid is wat dit vir Jessica kan moontlik maak om wel te gaan, skakel asseblief haar ouers by 064 615 7239 of 072 908 3859.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button