Local newsNews

#VrydagBraaiDag – Uieringe enigiemand?

Die Herald besoek 'n kitskosbesigheid op wiele en hoor hoe mens uieringe en 'n varkribbetjiebroodjie op 'n braai maak.

In hierdie week se gewilde #VrydagBraaiDag het die Herald weer die bekende kitskos-op-wiele-s besoek.

Die egpaar Adrie en Heinie Kock besit dié uiters gewilde kosstalletjie in Greenhills.

Adrie het aan die Herald vertel dat haar uieringe en varkribbetjiebroodjie die gemeenskap se gunstelinge is.

“My uieringe is kraakvars want ek laat dit vir ongeveer twee uur in Sprite lê,” het Adrie gesê.

Heinie het trots vertel dat hy elke dag van sy lewe braai en dat hulle albei ‘n groot liefde het vir lekker kos maak. Hulle bied ‘n verskeidenheid kitskos, wat burgers, worsrolle en heerlike koffie op koue dae insluit.

Adrie het aan die Herald vertel dat hulle elke dag vars brood gebruik en dat brood nooit oorstaan nie. Sy gee aan die einde van elke dag al die kos wat oorgebly het, aan minderbevoorregtes weg.

Dié onderneming met die naam ‘Lekker man lekker’ is gereeld op soek na nuwe idees en nuwe braaitegnieke. Die stalletjie is oral in die gemeenskap te sien en hulle nooi almal uit om hul heerlike kos te kom koop.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button