Sit só die vonk terug in jou huwelik
1 September is 'n geleentheid vir almal om weer diep in hul geliefde se oë te kyk wanneer AGS Randfontein 'n huweliksaand aanbied.
Wil jy die vonk weer in jou huwelik of verhouding laat brand?
AGS Randfontein bied op Vrydag, 1 September ‘n spesiale aand vir jou en jou geliefde aan.
Die inisiatief het betrekking op huweliksweek, wat vanaf 1 tot 7 September plaasvind. Die aand sal ‘n heerlike piekniek behels en ‘n lekker bederfpakkie sal ingesluit wees.
Volgens inligting wat aan die Herald verskaf is, kan belangstellendes na romantiese musiek uitsien. Die aand skop af om 6nm.
• Navrae: Kontak Myrlandi op 083 234 2660.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



