Leer ‘n Teiner ken #27 – Melandia Tiedt
Die 27e persoon in die Herald se gewilde 'Leer 'n Randfonteiner Ken'-veldtog voorgestel.
Op Dinsdag, 1 Augustus het die Herald in die 27e aflewering van #Leer ‘n Teiner ken, vir Melandia Tiedt, 25, ontmoet.
Melandia, eienaar van ‘n plaaslike bakkery, het verduidelik dat sy in Randfontein gebore is en hier grootgeword het.
Sy is dol oor kosmaak omdat kos mense gelukkig maak. Vir haar is Randfontein ‘n baie hegte gemeenskap en mense is soos familie.
Melandia het laggend aan die Herald vertel dat die gemeenskap haar onmiddellik identifiseer aan haar van. Volgens Melandia is haar familie bekende inwoners in die dorp.
Die gemeenskap ken Melandia as ‘n vriendelike en liefdevolle persoon. Sy is ook bekend vir haar hulpvaardigheid in die gemeenskap, omdat sy altyd ander in nood wil help.
Hoewel haar ystervarkies ‘n groot gunsteling is, het sy gesê haar groot liefde bly maar om heerlike aandetes voor te berei.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



